Die Woord van God

Lesing 1

 

Die Heilige Skrifte, die Ou en Nuwe Testament, is die geskrewe Woord van God, deur Goddelike ingewing oorgedra aan heilige manne van God wat gespreek en geskryf het soos deur die Heilige Gees gedrywe. In hierdie Woord het God die kennis aan die mens oorgedra wat nodig is vir sy verlossing. Die Heilige Skrifte is die onfeilbare openbaring van Sy wil. Hulle is die norm vir karakter, die toets vir ondervinding, die gesaghebbende openbaarder van leerstellings en die betroubare beskrywing van God se handelinge in die geskiedenis. – “Fundamentele Leerstellings,” 1.

 

o     Geen boek is nog ooit so bemin, so gehaat, so geëerbiedig, so veroordeel as die Bybel nie.

o     Mense van alle oortuiginge – van bevrydingsteoloë tot kapitaliste, van fasciste tot Marxiste, van diktators tot bevryders, van pasifiste tot militariste – blaai deur sy boeke vir die woorde wat hul dade sal regverdig

o     Die Bybel se unieke posisie spruit uit sy bron en uit sy inhoud.

o     Dit is God se openbaring van die unieke God-mens: die Seun van God, Jesus Christus – die verlosser van die węreld.

Goddelike Openbaring

Algemene Openbaring

o        Die insig in die natuur van God wat die geskiedenis, menslike gedrag, die gewete en die natuur ons gee word dikwels “algemene openbaring genoem.

o        Ps. 19:2 – Die sonlig, die reën, die berge en strome getuig almal van ‘n liefdevolle Skepper.

o        Ander sien bewyse van ‘n sorgsame God in die heuglike verhoudinge en buitengewone liefde tussen vriende en familielede, man en vrou, ouers en kinders.

o        Jes. 66:13, Ps. 103:13

Besondere Openbaring(Spesiale Openbaring)

o        Die Sonde beperk God se openbaring van Homself deur sy skepping.

o        Deur sowel die Ou en Nuwe Testament het Hy Hom op spesifieke wyse aan ons geopenbaar, sodat daar geen twyfel oor Sy liefdevolle geaardheid kan bestaan nie.

o        Eers het Hy hom deur profete bekend gemaak; daarna het Sy hoogste openbaring gevolg, in die wese van Jesus Christus (Heb. 1:1,2)

o        En deur middel van die Skrifte breek God deur ons verstandelike, sedelike en geestelike beperkinge en toon Hy hoe gretig Hy is om ons te red.

Die Brandpunt van die Skrifte

o     Jesus Christus is die brandpunt van die Skrifte.

o     Die Ou Testament noem die Seun die Messias, die Verlosser van die węreld.

o     Die Nuwe Testament openbaar Hom as Jesus Christus, die Verlosser.

o     Jesus se kruisdood is die hoogste openbaring van die natuur van God.

o     Weldra sal Sy sege op Golgota vervul word in die uitskakeling van ongeregtigheid.

o     Die mens en God sal herenig wees.

o     Outeurskap van die Skrifte

o     Skrywers het na die Heilige Gees verwys as die Een wat deur middel van die profete met die volk gekommunikeer het.

o     Dawid: “Die Gees van die Here spreek in my…”

o     Esegiël: “Die Gees het op my gekom…”

o     Miga: “Ek…is vol krag, met die Gees van die Here”

o     Die Nuwe Testament het die rol van die Heilige Gees in die ontstaan van die Ou Testament erken.

o     Die skrywers van die Nuwe Testament het die Heilige Gees as die bron van hul eie boodskappe erken.

o     Paulus: “Maar die Gees sę uitdruklik…” 1Tim. 4:1

o     Johannes: “Ek was in die Gees op die dag…” Openb. 1:10

o     So het God homself dan in die persoon van die Heilige Gees deur die Heilige Skrifte geopenbaar.

o     God het ander se hande gebruik om die Skrifte te skryf, ongeveer 40 pare oor ‘n tydperk van 1500 jaar.

Die Inspirasie van die Skrifte

o     “Die hele Skrif is deur God ingegee.” 2Tim 3:16,17

Die Inspirasie Proses

o     “heilige mense van God” wat “deur die Heilige Gees gedrywe” is 2Pet. 1:21

o     God het mense besiel – nie woorde verskaf nie.

o     In sommige gevalle is die skrywers aangesę om die presiese woorde van God te herhaal.

o     Elke skrywer het hul eie taalpatrone en styl gebruik

o     Paulus: “die geeste van die profete is aan die profete onderworpe” 1Kor. 14:32

o     Ware ingewing wis nie die profeet se individualiteit, rede, integriteit of persoonlikheid uit nie.

o     Dit is omdat God op hierdie wyse kommunikeer dat die woordeskat in die verskillende boeke verskil en die mate van opvoeding en kultuur van die skrywers aan die lig gebring word.

o     Die skrywers van die Bybel was God se penvoerders.

o     Die Bybel is dus die Goddelike waarheid wat in mensetaal uitgedruk word.

o     Inspirasie en die Skrywers

o     Diegene wat die Bybel help skryf het, is nie weens natuurlike aanleg gekies nie.

o     Ook het die Goddelike openbaring nie die persoon bekeer of hom van die ewige lewe verseker nie.

o     Bileam was onder Goddelike ingewing. Num.23,24; Num 31:8-16; Deut. 23:4

o     Soms het die Bybelse skrywers die Goddelike boodskap wat hulle bekend gemaak het, soms nie mooi verstaan nie. 1Pet 1:10-12

Die Metodes en Inhoud van die Openbaring

o     Dikwels het die Heilige Gees Goddelike kennis deur middel van gesigte en drome meegedeel. Num. 12:6

o     Soms het Hy hoorbaar of tot die innerlike wese gepraat. 1Sam. 9:15

o     Sagaria het simboliese voorstellings met verklarings ontvang. Sag. 4

o     Johannes & Paulus ontvang mondelingse opdragte. 2Kor. 12:1-4; Openb. 4,5

Inspirasie en die Geskiedenis

o     Of die inligting nou van persoonlike waarneming kom, van mondelinge of skriftelike bronne, of regstreekse openbaring, die skrywer het alles onder die Heilige Gees se leiding ontvang.

o     Die Bybel openbaar God se plan in Sy dinamiese interaksie met die mensdom nie in ‘n versameling abstrakte leerstellings nie.

o     Sy self openbaring is gegrond op ware gebeurtenisse.

o     Die historiese gebeurtenisse is “skadubeelde” of “voorbeelde” en “is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” 1Kor. 10:11

o     Rom. 15:4

o     Die lewensbeskrywings van die Bybelse persoonlikhede bied nog ‘n voorbeeld van goddelike ingewing.

o     Dit gee ‘n getroue beskrywing van beide hul sondes en hul suksesse.

o     Noag se gebrek aan selfbeheersing of Abraham se bedrog ens.

Betroubaarheid van die Skrifte

o     Die resultate van Bybelse argeologie toon dat baie beweerde foute werklik wanbegrippe aan die kant van die geleerdes was.

o     Waar teenstrydighede teegekom word, moet dit nie vertroue in die Skrifte ondermyn nie; hulle is dikwels die gevolg van ons onnoukeurige begrippe eerder as werklike foute.

Die Gesag van die Skrifte

Die Aanspraak van die Skrifte

o        Soms het die rol van die mens wat God gebruik het, in die agtergrond verdwyn.

o        Mattheus verwys na gesag agter Ou Testament: “Dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het” Matt. 1:22

Jesus en die Gesag van die Skrifte

o        “Daar is geskrywe” Matt. 4:4,7,10; Luk. 20:17

o        Christus het die Heilige Skrifte dus sonder voorbehoud aangeneem as die gesaghebbende openbaring van die wil van God.

Die Heilige Gees en die Gesag van die Skrifte

o        Sonder dat die Heilige Gees ons gees verlig sal ons die Bybel nooit reg kan verstaan of selfs kon erken as die gesaghebbende wil van God nie. 1Kor. 2:11

o        Die Heilige Skrifte en die Heilige Gees kan NOOIT geskei word nie.

o        Die Heilige Gees is sowel die outeur as openbaarder van Bybelse waarhede.

o        Alle menslike wysheid moet aan die gesag van die Skrifte onderwerp word.

o        Die Bybelse waarhede is die norm waaraan alle idees getoets moet word.

Die Eenheid van die Skrifte

o     As die Skrifte oppervlakkig gelees word, sal hulle oppervlakkig verstaan word.

o     Die twee Testamente is een, soos God een is.

o     Die Ou Testament openbaar, deur profesieë en sinnebeelde, die evangelie van die komende Verlosser.

o     Die Nuwe Testament openbaar deur die lewe van Jesus, die Verlosser wat gekom het – die evangelie in werklikheid.

 

In Sy genade roep God ons om Hom te leer ken deur Sy Woord te ondersoek.  Daarin vind ons die ryke seën van die sekerheid van ons verlossing.  Ons kan persoonlik ontdek dat die Skrifte “nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.”  Deur hulle kan ons “volkome…wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” 2Tim. 3:16,17